

(014) 777 1583/4/5
Tambotiestraat 1, Thabazimbi
info@hfm.co.za

Dit is met groot opgewondenheid en ware Frikkie-trots dat ons mnr. Du Plessis as nuwe skoolhoof by Hoërskool Frikkie Meyer verwelkom. Ons sien met verwagting uit na hierdie nuwe hoofstuk – 'n reis gegrond op geloof, sterk waardes en die strewe na uitnemendheid wat ons Frikkies so besonders maak. Mag u tyd by HFM ryklik geseënd wees, en mag ons saam voortbou aan 'n trotse nalatenskap.


